Your search results

Wat313-FYNPROEWER PERFEKSIONIS SE DROOMHUIS

R 6,850,000

add to favorites

   

video image

Description

 

Hierdie oogtrekker kontemporêr ontwerpte en ultra-luukse eiendom met sy pragtige en boomryke tuin, is baie goed naby Pretoria se R21 Lughawepad en ander N3 afritte, geplaas. Boonop is dit van hier af skaars 3 minutes se ry na die Monument Park Inkoopsentrum met ‘n groot supermark, retaurante, apteke, groentewinkel, hardewardewinkel en talle ander. Waterkloof Hoërskool en Anton van Wouw Laerskool is ook gerieflik naby hierdie fynproewer woning, geleë. As jy ‘n perfeksionistiese Koper is en hou van privaatheid, moenie huiwer om hier te kom kyk met geen bure wat vir jou oor die hoë mure en talle pragtige lowergroen bome kan loer nie, veral waar die eiendom baie veilig weggesteek is en net bereikbaar is met ‘n breë pypsteel pad deur reuse hekke. Die natuurliefhebber sal volpunte aan ‘n keurig uitgelegde en gelandskappeerde tuin met waterfonteine en gesellige buite kuier/braaiareas onder die groot bome, gee. Die eiendom met uitsonderlike pragtige nagbeligting is voorwaar met ekstra ruim en aaneenvloeiende 4 leefareas, enige onthaalliefhebber se droom. Geen aandag aan detail is gespaar nie en hierdie, uniek ontwerpte elegante woning spog met dubbelvolume of trippelvolume onthaalareas, wissel mekaar af vir jou keuse wanneer jy of formeel, of semi-formeel wil onthaal. Die droom onderdakstoep wat deel van die hoofhuis vorm, is iets uiters spesiaal waar tot 40 mense met gemak kan ge-akkommodder word, hy het sy eie onthaal en braai voorbereidingsfasiliteite en kyk uit op die verligte spuitfonteine en pragtuin. Die eetkamer is prakties naby die goed toegeruste kombuis met sy spens en aparte waskamer geplaas, terwyl die TV- en gesinskamer ook met die buite onthaalareas verbind is. Die songevulde formele sitkamer met reuse vensters wat oor die tuin en wembadarea uitkyk, het ook aansluitend ‘n groot studeerkamer met sy eie buite privaatingang en het ook sy eie onthaalstoep waar mens heerlik in die wintersonnetjie gou ‘n koffietjie kan geniet voordat die dag met al sy uitdagings, begin.
‘n Grasieuese trap lei na die boonste, afsluitbare veiligheidsone waar daar 4 dubbele slaapkamers met luuks afgewerkte badkamers, bymekaar geplaas is. Spesiale aandag is deur ‘n top kabinetmaker aan die spesiale ontwerp en installering van die volop ingeboude en doelgemaakte Kersiehoutkaste en ander kabinette, gegee. Besonder noemenswaardig is die Hoof-en-suite slaapkamer met sy droombadkamer met verhitte handoekreëlings, ingevoerde Italiaanse krane, groot spa-bad met uitsig na buite en sy eie reuse privaat balkon met die mooiste uitsig oor die tuin. As addisionele bonus kom saam met die huis prakties geplaasde lugversorgingstoestelle, ‘n uitgebreide sekuriteitstelsel met 8 kamers and moniterigstoestelle wat vanoor die hele wêreld oor jou foon gemonitor en beheer kan word, elektriese heinings, veiligheidstraal toestelle en twee aparte alarmstelsels. Daar is baie netjiese huishulpkwartiere, 4 stoorkamers, ‘n dubbele motorhuis, oorgenoeg addisionele en veilige geplaveide terreinparkering vir ekstra voertuie of as jou gaste kom kuier, ‘n groot kragopwekker as bystandshulp gedurende beurtkrag en veilige fibre lyne vir die internet. Hierdie eiendom bied uitmuntende en uitsonderlike waarde vir geld en is beslis ‘n besoek van die ernstige en puntenerige Koper, werd! Jy sal nie teleurgesteld wees nie!

 

Details

Property Id : 33870
Price: R 6,850,000
Property Size: 2,054 m2
Bedrooms: 4
Bathrooms: 4

Features

Other Features
Air-Conditioning
Alarm
Bathroom Facilities
Built-in Braai
Built-in Cupboards
Dinning Area
Entertainment Area
Entrance Hall
Family/TV Room
Fibre
Garages
Garden
Kitchen
Laundry
living area
Security
Staff Quarters
Storage
Study

Bambie Heiberg

Principal

Contact Me

Schedule a showing?

Compare Listings